Wat is Skatkis vir Studente?

Solidariteit Helpende Hand Noordwes-streek wil in 2025 graag R50 000 invorder vir ons streek se gemeenskapstudiefonds. Daaruit bied ons rentevrye studielenings aan verdienstelike studente wat nie kan bekostig om te gaan studeer nie.

Ons streek het die afgelope paar jaar reeds nagenoeg R400 000 aan 8 behoeftige, verdienstelike studente uitbetaal. In 2025 het die Helpende Hand Studietrust (wat ons gemeenskapstudiefonds bestuur) landswyd meer as R60 miljoen aan ongeveer 1 100 studente uitbetaal!

Ons nooi ondernemings reg oor die Noordwes-streek om tot hierdie fonds by te dra. Die inisiatief bied aan u besigheid ‘n geleentheid om ‘n positiewe bydrae tot u plaaslike omgewing te lewer. En indien u minder belasting wil betaal, sal ons ook aan u ‘n artikel 18A-belastingsertifikaat verskaf.

Ons sal dit baie waardeer as u tot hierdie verdienstelike saak bydra. U vrygewige skenking sal ‘n blywende impak op die lewens van baie studente hĂȘ en dit sal ook wys dat u opleiding en gemeenskapsontwikkeling in die Noordwes-streek ondersteun.

Kontak my gerus as u bereid is om ‘n bydrae te maak of meer inligting verlang. Saam kan ons ‘n merkbare verskil maak en ‘n helderder toekoms vir ons Afrikaner-gemeenskap bou.

Baie dankie dat u hierdie geleentheid oorweeg om ‘n betekenisvolle impak te maak. Ek sien daarna uit om van u te hoor en met u saam te werk aan ons gesamentlike doel.

Suzanne de Swardt

Streeksorganiseerder: Noordwes-streek

066 203 7593

[email protected]