Borg 'n baksteen. Bou hoop. Skep herinneringe.
Help ons om 'n muur van herinnering te bou vir die inwoners van die Daphne Lee Sentrum.
Solidariteit Helpende Hand se Noordwes-streek is besig met 'n projek wat fokus op die welstand van mense met gestremdhede. As deel van hierdie projek word daar by die Daphne Lee Sentrum in Klerksdorp 'n sensoriese tuin ontwikkel. In die tuin wil ons 'n besonderse muur van herinnering oprig – 'n simboliese plek waar inwoners kan gaan sit wanneer hulle na 'n geliefde verlang of net 'n rustige oomblik nodig het.
Naamplaatjies van die inwoners en hul geliefdes sal later deur die sentrum op die muur aangebring word.
Ons doel
Ons wil 250 bakstene verkoop teen R50 per baksteen.
Elke baksteen wat geborg word, dra direk by tot die bou van die muur en help om die koste van die boumateriaal en arbeidskoste te dek.
Meer as net 'n muur
Hierdie projek vorm deel van 'n groter visie.
Ons beplan om die tuin en muur amptelik teen die einde van 2026 te open tydens 'n spesiale gemeenskapsgeleentheid saam met die sentrum se inwoners .
Besighede/Organisasies wat betrokke raak, mag hul naam of logo by die muur aanbring.
Word deel van iets wat bly voortleef.
Een baksteen kos slegs R50 ... maar die hoop wat dit bou, is onskatbaar.
Borg vandag jou baksteen!
Dankie dat jy saam met ons bou aan 'n gemeenskap waar elke mens waardevol is.
Een baksteen. Een daad van liefde. 'n Lewenslange verskil.
Borg n Baksteen
Elke baksteen wat geborg word, dra direk by tot die bou van die muur en help om die koste van die boumateriaal en arbeidskoste te dek.