youtube-video-thumbnail

Hier’s my hand; dankie vir joune

Jy ondersteun Solidariteit Helpende Hand se Noordwes-streek. Dankie!

Die wêreld is dors en jy sit met ’n bottel water in jou hande. Hiermee daag ons jou uit om ’n verskil in jou gemeenskap te maak en vyf mense uit te daag om dieselfde te doen.

  • Ruil jou buurman se papwiel om.

  • Gaan kuier vir jou ouma, oupa, tannie of oom in ’n tehuis en verdryf hulle eensaamheid.

  • Gee jou tiende en betaal ’n parkeerkaartjie vir iemand wat nie kontant het nie.

  • Neem ’n kind se hand en help hom of haar om oor ’n besige straat te loop.

  • Lei ’n tuin nat.

  • Was jou pa of ma se kar.

Laat die bekers oorloop! Saam breek ons ’n droogte en bou ons ’n gemeenskap wat na mekaar omsien en mekaar se dors les.

Plaas jou Hier’s my hand-oomblik op sosiale media en daag vyf van jou vriende uit om dieselfde te doen. Gebruik die hutsmerk #HiersmyhandNW.

Steek jou hand uit en raak deel van die Solidariteit Helpende Hand Noordwes-familie!