Welkom by Solidariteit Helpende Hand Noordwes-streek
By Solidariteit Helpende Hand Noordwes-streek staan ons saam om 'n verskil te maak. As 'n Christelike welstandsorganisasie fokus ons op volhoubare maatskaplike ontwikkeling wat welstand met werksyn, netwerke en instellings bevorder. In vennootskap met vrywilligers, skenkers en lede van ons gemeenskap bou ons aan 'n toekoms van hoop en ondersteuning – een projek, een mens, een gemeenskap op 'n keer.
Sluit vandag aan en help ons om hande en harte te verbind waar dit die nodigste is.
Ontmoet ons personeel
Borg 'n baksteen. Bou hoop. Skep herinneringe.
Help ons om 'n muur van herinnering te bou vir die inwoners van die Daphne Lee Sentrum.
Solidariteit Helpende Hand se Noordwes-streek is besig met 'n projek wat fokus op die welstand van mense met gestremdhede. As deel van hierdie projek word daar by die Daphne Lee Sentrum in Klerksdorp 'n sensoriese tuin ontwikkel. In die tuin wil ons 'n besonderse muur van herinnering oprig – 'n simboliese plek waar inwoners kan gaan sit wanneer hulle na 'n geliefde verlang of net 'n rustige oomblik nodig het.
Nuus vanuit ons streek
EngelHarte – want elke hart is kosbaar
Die heldin van Koster
Tannie Tienie is 100!
Die hart van werksyn: Onsigbare werk, onmeetbare waarde
Volkie Spinathon trap vir ’n toekoms: R20 153 ingesamel vir Solidariteit Helpende Hand se studiefondse
Wat is Skatkis vir Studente?
Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Skenk by jou naaste Ons Winkel